![]() |
40 Dae van Fokus - Somerseisoen | ||
| Die somerseisoen inskrywings is nou oop - Handleiding - Skryf hier in | |||
|
Groeigroepe
1. Die nuwe opwindende uitbreiding van KPO se bedieninge.
2. Groepe bestaan uit 12 – 15 mense waar jy nuwe vriende kan ontmoet wat dieselfde belangstellings as jy het.
3. ‘n Groep sal net vir een seisoen funksioneer. Daarna word almal hersaamgestel. Jy is dus nie vir eens en vir altyd gebonde aan ‘n bepaalde groep nie.
4. Na die seisoen kan jy weer by ‘n ander groep aansluit of as dit groep-ding nie vir jou is nie kan jy jou deelname beëindig sonder enige verdere verpligtinge.
5. Daar gaan ‘n verskeidenheid temas aangespreek word. Elke groep sal ‘n eie tema aanspreek.
6. Groepe is die beste plek vir geestelike groei.
7. Jy kan by enige groep inskryf op een van die volgende maniere: na ‘n erediens, aanlyn of by een van die promosie tafels. Ons sal teen middel April gereed vir vir inskrywings.
Kairos Kairos daarenteen wys op ‘n geleentheid. Dit wys op ‘n tyd of geleentheid wat dalk net eenmaal voorkom en wat benut moet word as ‘n spesiale geleenteid. Kairos is |
|
iets soos die “eintlike tyd”. Dit is ‘n geleentheid wat as jy dit nie benut nie gaan die kairos verby en dalk kry jy nie weer daardie besondere geleentheid om te benut vir groei, of vir diens of vir vrugte dra ens nie. Ons glo die kleingroepe is so ‘n kairos moment vir die gemeente. Ons moet die kairos (die spesiale geleentheid) benut om te groei en te laat groei tot eer van God. Word deel en benut die kairos. So het jy al ingeskryf? Waar gaan jy deel neem? Hoe gaan jy |
![]() |
| jouself verreik? Word deel van een Geleentheidsgroep en kies van die volgende onderwerpe, vir ‘n verreikte ervaring. Hierdie is ‘n Kairos moment en jy mag dit nie mis nie. Stuur ‘n e-pos aan die groep van jou keuse en ontvang meer besonderhede. | |
Die volgende groeigroepe word beplan: |
|
| Maak ‘n 100% huwelik 200% | |
![]() |
Kom verander Jou 100% huwelik 200% na hierdie kleingroep termyn – kom skryf in by Christo
|
21 Februarie Week 1 – Ken jou maat .....werklik (dalk vir die eerste keer) |
|
| Kom leer hoe om ander deur seer te begelei Dit handel oor rousmart na die dood van ‘n geliefde maar ook die verwerking van egskeiding, kaping ensomeer. Afskop Datum: Dinsdag, 21 Februarie 2012 Plek: Kerksaal Tyd: 19:00 Kontak Barbara van der Linden. |
|
| Finansies met Tegnieke | |
![]() |
Kom kry 'n saadjie en plant vir jou 'n géldboompie.
|
Versorg jou géldboompie so. Woon agt besprekings met kenners by, om uit te vind hoe om dít te versorg, met temas soos: |
|
| Jabes se gebed Ons gaan dit doen aan die hand van Bruce Wilkenson se boekies “Die gebed van Jabes”. Tesame met die Video / DVD wat beskikbaar is. |
|
Ons gaan in die kerksaal, op Dinsdagaande vanaf 19:00 to 21:00 byeenkom en soos in die verlede elke byeenkoms met iets te ete en drinke wil afsluit. Kontak Johan Steyn by 0837251418.
|
|
Westweg 74
Brentwood Park
Kempton Park
Hierdie is die amptelike webbladsy van die Nederduitsch Hervormde Gemeente Kempton Park-oos.
Alle regte word voorbehou.
Kopiereg © 2004
Kontak die Webmeester met enige probleme.