NHK gemeente Kempton Park-Oos 40 Dae van Fokus - Lenteseisoen
  Die lentseisoen inskrywings is nou oop - Handleiding - Skryf hier in
Tuisblad
Bedieninge
Gesinsorg
Kerkgebou

Webkaart

Verwysings
Kontak

Intranet
E-pos_ons_jou_storie

Groeigroepe
1. Die nuwe opwindende uitbreiding van KPO se bedieninge.
2. Groepe bestaan uit 12 – 15 mense waar jy nuwe vriende kan ontmoet wat dieselfde belangstellings as jy het.
3. ‘n Groep sal net vir een seisoen funksioneer. Daarna word almal hersaamgestel. Jy is dus nie vir eens en vir altyd gebonde aan ‘n bepaalde groep nie.
4. Na die seisoen kan jy weer by ‘n ander groep aansluit of as dit groep-ding nie vir jou is nie kan jy jou deelname beλindig sonder enige verdere verpligtinge.
5. Daar gaan ‘n verskeidenheid temas aangespreek word. Elke groep sal ‘n eie tema aanspreek.
6. Groepe is die beste plek vir geestelike groei.
7. Jy kan by enige groep inskryf op een van die volgende maniere: na ‘n erediens, aanlyn of by een van die promosie tafels. Ons sal teen middel April gereed vir vir inskrywings.

Kairos
Kairos is een van twee Griekse woorde wat tyd beteken. Chronos is die ander Griekse woord vir tyd. Chronos verwys na tyd soos in die normale verloop van dinge. Dit is waar een seisoen die ander opvolg, of waar een uur op die ander volg of waar een gebeurtenis op die ander volg.

Kairos daarenteen wys op ‘n geleentheid. Dit wys op ‘n tyd of geleentheid wat dalk net eenmaal voorkom en wat benut moet word as ‘n spesiale geleenteid. Kairos is

iets soos die “eintlike tyd”. Dit is ‘n geleentheid wat as jy dit nie benut nie gaan die kairos verby en dalk kry jy nie weer daardie besondere geleentheid om te benut vir groei, of vir diens of vir vrugte dra ens nie. Ons glo die kleingroepe is so ‘n kairos moment vir die gemeente. Ons moet die kairos (die spesiale geleentheid) benut om te groei en te laat groei tot eer van God. Word deel en benut die kairos.

So het jy al ingeskryf? Waar gaan jy deel neem? Hoe gaan jy

jouself verreik? Word deel van een Geleentheidsgroep en kies van die volgende onderwerpe, vir ‘n verreikte ervaring. Hierdie is ‘n Kairos moment en jy mag dit nie mis nie. Stuur ‘n e-pos aan die groep van jou keuse en ontvang meer besonderhede.

Die volgende groeigroepe word beplan:
•  Jabes se gebed – Johan Steyn
•  Ontmoetings met die lewende God – Christo vd Merwe
•  Word weer heel – herstel na die dood van ‘n geliefde of na dood na enige ander vorm van trauma – Barbara van der Linden
•  Verdiep jou verhouding – vir ou getroudes, jong getroudes, verloofdes en verliefdes – Christo vd Merwe
•  Troos in ‘n tyd van vertwyfeling – Dique Botha
•  Ps 23 vir elke geleentheid – Johan van Wyk en Johan Potgieter
•  Finansies met tegniek – Hansie Hartman
•  Liefde vir ‘n leeftyd, sosiale interaksie – Anneline Geyer-Mathyssen
•  Ons groei saam deur films – Steve Oxton
•  Verbond vir altyd – Buks Liebenberg ( oggend en aand groep)
•  Nooma – videos met ‘n boodskap Rob Bell – George Roux
•  Tuisversorging – Louis en Magriet Fourie
•  Word deel van die familie – kleingroep vir nuwe intrekkers – Japie Coetzee

Troos in ‘n tyd van vertwyfeling

Oor die vreemde vertroosting van die Gees

Afskop
Datum: Dinsdag, 14 September 2011
Tyd: 19:00 tot 21:00

Woon agt besprekings by, met die volgende temas:
14 September Week 1 – Ontmoeting
21 September Week 2 – Hy is teenwoordig al besef ons dit nie
28 September Week 3 – Weerloos in die wildernis
5 Oktober Week 4 – God se Ja-Woord vir die wereld
12 Oktober Week 5 – Die doop as deurtog deur die dood
19 Oktober Week 6 – Is alles werklik tevergeefs
26 Oktober Week 7 – Die sugtende skepping
1 November Week 8 – Die Bruidegom is by die deur

Liefde vir ‘n leeftyd, sosiale interaksie
Die boeke 12 sleutels van Geestelike groei {Dirkie van der Spuy en ander} as ook 7 Stages of Spiritual Growth van Bruce Wilkinson word gebruik.
Hierdie seisoen gaan ons net die volgende 2 sleutels gebruik.
Woensdag aande om 19:00 by my huis! [100 Derde laan Bredell]
Kontak Anneline Geyer-Matthysen by 0829247344
1. Geloofsekerheid
Week 1: Volkome seker hier op aarde. 14 September
Week 2: Bekering. 21 September
Week 3: Twyfel jy oor jou ewige bestemming? 28 September
2. Groei
Week 4: Groei in die stiltes. 5 Oktober
Week 5: Groei met die Woord. 12 Oktober
Week 6: Groei met gebed en getuienis. 19 Oktober

Word weer heel
Dit handel oor rousmart na die dood van ‘n geliefde maar ook die verwerking van egskeiding, kaping ensomeer.
Afskop
Datum: Woensdag, 14 September 2011
Plek: Kerksaal
Tyd: 19:00

Kontak Barbara van der Linden.
Finansies met Tegnieke

Kom kry 'n saadjie en plant vir jou 'n géldboompie.
Kontak vir Hansie op 0832718234 vir meer inligting.

Afskop
Datum: Dinsdag, 13 September 2011
Tyd: 19:00 tot 21:00

Versorg jou géldboompie so. Woon agt besprekings met kenners by, om uit te vind hoe om dít te versorg, met temas soos:
19 September Week 1 – Voorkom 'n leë beursie, begin om dit vol te maak. (Spaarsin)
26 September Week 2 – Beheer jou uitgawes. (Begrotings)
3 Oktober Week 3 – Laat jou goud vermenigvuldig. (Banksake)
17 Oktober Week 4 – Beskerm jou skatte dat dit nie verlore gaan nie. (Beleggings)
24 Oktober Week 5 – Maak jou eiendom 'n winsgewende belegging. (Eiendomme)
31 Oktober Week 6 – Verseker 'n inkomste vir die toekoms. (Versekering)
7 November Week 7 – Vermeerder jou vermoë om te verdien. (Werksgeleenthede)
14 November Week 8 – So word jy 'n miljoenêr. (Wette van Rykdom)

Westweg 74
Brentwood Park
Kempton Park

Hierdie is die amptelike webbladsy van die Nederduitsch Hervormde Gemeente Kempton Park-oos.
Alle regte word voorbehou.
Kopiereg © 2004
Kontak die Webmeester met enige probleme.