NHK gemeente Kempton Park-Oos Fases van Rousmart

 

TuisbladBedieninge
Gesinsorg
Kerkgebou

Webkaart

Verwysings
Kontak
Intranet

Literatuur

Oorleef die Rousmartproses!

•  Om te rou is natuurlik. As jy oud genoeg is om lief te hê is jy oud genoeg om te rou.
•  Om te rou vat tyd. Dit wissel van mens tot mens. Dit hang af van die verhouding wat jy met die persoon gehad het.
•  Rou is persoonlik. Jy kan jou belewenis en ervaring nie met iemand anders vergelyk nie. Jou proses is uniek.
•  Rousmart volg ‘n patroon. Omdat ons mense is sal sekere van die elemente algemeen voorkom.
•  Rousmart word nie altyd deur ander mense verstaan nie. Ons samelewing is swak toegerus om die dood en rousmart te harteer.
•  Rousmart maak ‘n mens emosioneel kwesbaar. Ons neem maklik aanstoot, word maklik seergemaak en is geïrriteerd.
•  Rousmart mislei ons in baie gevalle. Dit laat ons voel om in isolasie te bly wanneer ons in werklikheid ander nodig het.
•  Rousmart mislei ons ook om te dink ons sal slegs beter wees as ons “terug” is waar ons “voorheen” was.

Die Proses

Opwaartse Spiraal


Afwaartse Spiraal

Daar is hulp vir wanhoop...

Hanteer Rousmart

•  Moenie verwag dat die rousmart-proses maklik of onmoontlik sal wees nie: vermy beide uiterstes.
•  Moenie die tyd wat dit jou neem vergelyk met die tyd wat dit iemand anders geneem het nie.
•  Steun op jou “ou” ondersteunings-sisteme. Dit kan familie, vriende of die geloofsgemeenskap by die kerk wees.
•  Hanteer “issues”. Moenie dit vermy nie. Ten spyte van die versoeking om op te gee of om uit te stel moet jy “vorentoe” beweeg met die nodige stappe/aksies.
•  Hanteer besittings. Vermy uiterstes. Moenie alles net weggee nie, hou wat vir jou spe-siaal is. Moet egter ook nie heiligdomme oprig nie.
•  Verwag ongewone emosies. Jy mag verwar-ring ervaar soos nooit te vore nie. Mense vergelyk hierdie gevoel met iets soos ‘n “gewig op hulle skouers” of ‘n “drukking op hulle bors” wat hulle terughou.
•  Wanneer jou voel jy wil huil, doen dit. Maak dit ‘n positiewe belewenis deur te dink aan die goeie tye.
•  Deurdink en beplan vakansies, verjaardae, huweliksherdenkings ens.

Kliek hier vir meer Hulp en Hoop....

Westweg 74
Brentwood Park
Kempton Park

Hierdie is die amptelike webbladsy van die Nederduitsch Hervormde Gemeente Kempton Park-oos.
Alle regte word voorbehou.
Kopiereg © 2004
Kontak die Webmeester met enige probleme.