NHK gemeente Kempton Park-Oos Bybelverspreidings Diens
  Berading - Bybelverspreiding - Erediens - Kosmos Instituut
Tuisblad
Bedieninge
Gesinsorg
Kerkgebou

Webkaart

Verwysings
Kontak

Intranet
Gee'n Bybel

Westweg 74
Brentwood Park
Kempton Park

Hierdie is die amptelike webbladsy van die Nederduitsch Hervormde Gemeente Kempton Park-oos.
Alle regte word voorbehou.
Kopiereg © 2004
Kontak die Webmeester met enige probleme.

Voorsitter

Louis Fourie
S: 0828572494
E: Bybelverspreiding@kpo.co.za

Bybelverspreiding

Doelwit
Dat elke lidmaat die geleentheid gebied word om minstens een Bybel per jaar te borg as ‘n bydrae tot die gemeente se verpligte jaarlikse oorbetaling aan die Bybelhuis.
Dat voldoende fondse beskikbaar is om Bybels aan te koop:
1. Vir ons eie kinders
2. Vir behoeftiges, ens.
Sodat elkeen sy/haar eie Bybel het.

Nuus

A. Aankoop van Bybels
Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika het sedert Januarie 2005 daartoe oorgegaan om die fisiese versending van Bybels te laat doen deur ‘n agent. Dit gaan gepaard met ‘n verlaging van pryse van sommige Bybels wat aan die kerke verskaf word. Die Standaardbybel (180x120mm) kos R36 (BTW ingesluit). Die vorige Standaardbybel (210-148mm) kos nou R50 (BTW ingesluit).

Kontak Louis Fourie vir u bestellings: 011-970-2466 of 082-857-2494

B. Tale waarin Bybels vertaal is
Van die ongeveer 6500 tale wat in die wêreld gepraat word, beskik 1079 tale nou oor ten minste ‘n Nuwe Testament. Agt meer tale het in 2004 die volledige Bybel ontvang wat beteken dat 422 tale nou oor die volledige Bybel beskik. ‘n Verdere 876 tale beskik nou oor ten minste een Bybelboek. Dit beteken dat sprekers van 2377 tale tans toegang tot die Bybel of dele daarvan het.

C. Gee 'n Bybel
Matteus 25:40 En die Koning sal hulle antwoord. Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen!. Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika dank die Here vir die baie donateurs wat, selfs noudat hulle nie meer by ons is nie, verseker dat die lewende Woord met ander gedeel word. Bemaak 'n gedeelte (bv. 'n spesifieke bedrag of 'n sekere % - soos 5%, 10% ens.) van u boedel d.m.v. u testament aan die Bybelgenootskap om die verspreiding van die Woord te bevorder.