![]() |
Kosmos Instituut | ||
| Berading - Bybelverspreiding - Erediens - Kosmos Instituut | |||
![]() |
Westweg 74
Brentwood Park
Kempton Park
Hierdie is die amptelike webbladsy van die Nederduitsch Hervormde Gemeente Kempton Park-oos.
Alle regte word voorbehou.
Kopiereg © 2004
Kontak die Webmeester met enige probleme.
![]() |
Ds Japie Coetzee T: +27(0)11 8692004 |
Die visie is dat deur die dinamiese dienslewering van die Instituut, lidmate en gemeentes:
· bemagtig sal word om in die krag van die Gees,
· hoopvol en dinamies mee te werk aan die strewe van die Nederduitsch Hervormde Kerk om, soos verwoord in die breë visie van die Kerk,
· al meer te word wat hulle in Christus is en
· so ons missionêre roeping in die wêreld te vervul.
Hierdie visie word gedra deur die belofte van Jesus Christus:
"...julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees tot in die uithoeke van die wêreld." (Hand. 1:8)
Die missie is om deur:
· die bemagtiging van gelowiges,
· die begeleiding van die gemeentebouproses in gemeentes en
· dienslewering in die gemeente
'n verskil te maak in mense se lewens en in gemeentes van die Kerk, sodat
· deur hulle handelinge
· God se liefde al hoe meer mense kan bereik en
· God se Koninkryk in die wêreld gedien word.
Dit moet gebeur binne die konteks van die eie aard van die teologie en etos van die Kerk.
Wat bied Kosmos vir 'n gemeente?
Kosmos Instituut se dienslewering aan gemeentes fokus op die volgende terreine:
· toerusting en bemagtiging van ampsdraers en lidmate van die Kerk
· gemeentebou-ontwikkeling as diens aan gemeentes
Gemeente-ontwikkkeling is 'n dinamiese en doelgerigte deurlopende proses, gerig op die opbou en uitbou van die gemeente tot eer van God. Hiervoor is 'n duidelik geformuleerde Bybelse visie in sake die roeping en die taak van die kerk binne die konteks van die betrokke gemeente, van die allergrootste belang. Dit gaan om die bemagtiging en begeleiding van die geloofsgemeenskap tot 'n lewe voor God (coram Deo) en in diens van God (missio Dei) binne die gegewe realiteite van die konteks en omstandighede van die gemeente.
Die gemeente-ontwikkelingsproses kan strategies soos volg omskryf word:
Kerk-wees die toekoms in is die eerste faset van die ontwikkelingsproses behels 'n bekendstellingsgesprek en daaropvolgende daglange seminaar (of twee / drie weeksaande) met die kerkraad en belangstellendes.
Die doel van hierdie sessie is om gemeentelike leiers opnuut bewus te maak van ons roeping as kerk in die wêreld (identiteitsvinding), 'n strategie te bedink vir die ontvriesing en motivering van die gemeente, asook die identifisering van kritiese areas of sake waaraan aandag gegee moet word ten einde die gemeentelike ontwikkelings-proses te bevorder.
Die gemeente van naderby
'n Nadere beskrywing van die gemeente en gemeenskap word gedoen by wyse van:
· 'n gemeenskapsprofiel en tendense: die samelewing waarbinne die gemeente leef en werk;
· 'n gemeenteprofiel en tendense: Die gemeente wat in die wêreld leef en werk.
· 'n evaluering van die bestuur van die gemeente met die oog op aanbevelings aan die kerkraad
· 'n verwerking van die inligting in sake die gemeente en gemeenskap.
Dit word gedoen met die oog op gemeente-analise en strategiese beplanning.
Eerste treë op 'n nuwe pad
· Gemeente-evaluering : die pad tot hiertoe - gemeentewees oor die jare;
· Strategiese teologiese beplanning : verwerking van die resultate van die gemeentelike evaluering; ontwikkeling van 'n strategiese bedieningeplan vir die gemeente.
· Visie en missie : die pad vorentoe
Nuwe treë saam met God
Gemeentelike leierskapsontwikkeling
Die doel van hierdie fase is die bemagtiging van almal wat in die gemeente 'n leidende rol behoort te speel in die begeleiding van die geloofsgemeenskap en die fasilitering van die gemeentebouproses.
Hierdie bediening fokus op persoonlike groei en spanbou binne die konteks van 'n dienskneg-benadering en 'n missionêre visie vir die gemeente.
Die bemagtiging vind plaas by wyse van seminare, persoonlike selfstudie, studie in kleingroepverband, die ontwikkeling van mentorskap, persoonlike konsultasie met leiers, implimentering in praktiese bedieningeituasies.
Gawebediening
Tydens hierdie fase word gefokus op die ontwikkeling van 'n bediening van die gawes om die gemeente te begelei tot en toe te rus vir 'n lewe voor God en in diens van God
bedieningeontwikkeling fokus op die geloofshandelinge van die gemeente (viering, betuiging, sorg, diens, onderrig) soos dit konkretiseer in die verskillende bedieninge.
Die begeleiding en bemagtiging vind plaas by wyse van seminare, bemagtiging van werkgroepe/diensgroepe, persoonlike konsultasie met leiers, implimentering van leerervarings tydens vergaderings en in praktiese bedieningeessies.
Kosmos Instituut lewer gespesialiseerde en bekostigbare meerdere bediening aan gemeentes en ringe deur:
· die ontwikkeling en begeleiding van 'n gemeenteboustrategie vir die gemeente
· die bemagtiging van ampsdraers en lidmate
· die ontwikkeling van gemeentelike bedieninge
· die bevordering van 'n missionêre bewustheid en bediening